Uitnodiging en oproep tot deelname
Die onderstaande is ’n oproep tot deelname in die uitvoering van die opdrag :
Israel is God se uitverkore volk, deur wie God gekies het om Sy verlossingsplan vir al die nasies van die wêreld in vervulling te bring en dit staan in Genesis 12:3.Yeshua bevestig in Johannes 4:22, “verlossing is van die Jode”.
Paulus het gesê dat die Ou Testament ‘n skaduwee is van dinge wat gaan kom, wat beteken dat God se verlossingsplan vir die wêreld in vervulling gekom het deur God se belofte aan Israel. Paulus sê in Efesiers 2:12-13 dat ons wat vervreemd was van die burgerskap van Israel en die verbonde nou deur die Bloed van Christ deel geword het daarvan.
Die aanval op Israel en antisemitisme is ‘n aanval deur die vyand op God se plan en is daarop gerig om ons geloof in God en die Waarheid van Sy Woord te ondermyn. Net soos met die eerste sonde, lok die vyand vir Eva uit om nie te glo wat God gesê het nie. Hy laat haar twyfel sodat sy God se Woord oortree.Net so word ons uitgelok om nie te glo wat God se Woord sê oor Israel en Sy beloftes nie. Gevolglik word ons beroof sodat ons erfenis soos vervat in die beloftes vir Israel nie in Christus vir ons ’n realiteit word nie. Dit word baie goed geïllustreer deur die storie van die man op ’n bootreis na ’n verre land.
So ook is die aanval gerig op die erfenis van die grondgebied wat God aan Israel beloof het deur Abraham, Isak en Jakob bekend as die beloofde land. Want as die vyand mense van die genoemde kan oortuig, dan kom ons erfenis in Yeshua die Messias en die ewige lewe, ook in gedrang. Dit kom daarop neer dat as ons God se ewige verbond met sy volk Israel betwyfel dan kan ons ook God se ewige verbond met ons betwyfel.
Ons moet nie onkundig wees oor die strategie van die antichris nie, Johannes het in 1 Johannes 2:18 gesê dat die antichris reeds in ons midde is met verwysing na gelowiges wat begin twyfel het en die geloof verlaat het. Die strategie van die vyand was nog altyd om ons te verlei om God se Woord te betwyfel en gevolglik Sy beloftes. Sonder geloof kan ons niks van God ontvang nie ook nie Sy beloftes nie.
In Esegiël 22:30 staan daar geskryf dat God ’n man gesoek het om ’n muur te bou en in die bres te tree vir Israel, sodat Hy dit nie sal verwoes nie. Met verwysing na die skadu as die Ou Testament en die vervulling in die Nuwe Testament verduidelik Paulus in Romeine 11:28-31 dat ons barmhartigheid ontvang het deur Yeshua die Messias, sodat ons barmhartigheid aan Israel kan betoon deur ‘n heining in die gees rondom hulle te bou soos ons vir hulle in tree sodat hulle God se liefde kan ontvang.
Is dit te veel gevra vir ons wat vrygekoop is deur die Bloed van die Lam a.g.v. Israel se hardheid van hart, om in die bresse te tree om die vervulling van God se belofte vir Israel te sien. Soos Paulus sê in Romeine 11:12 “En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!”
Soos geskryf is in Esegiël 36:24-28 “En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My ‘n volk en Ek sal vir julle ‘n God wees.”
Onthou, die hele Woord is God gegewe, en as ons dit wil glo, moet ons dit as ‘n geheel glo. As ons kan glo dat God ons verlos het deur die Bloed van Sy Seun Jesus Christus, dan moet ons glo dat God Israel as ‘n geheel sal verlos, en dat dit ons voorreg is om vir Israel te seën met liefde deur in gebed, God se volmaakte plan oor hulle te proklameer.
God se belofte aan Israel is net so relevant vir vandag as toe God dit aan Abraham gemaak het. Selfs vandag nadat dit gereën het, is die reënboog ‘n teken dat God se belofte aan Noag nog net so effektief en relevant is as die dag as toe God dit as teken ingestel het.
Jesus het die grootste van alle gebooie begin met hierdie Woorde: “Hoor, o Israel, die Here onse God, die Here is een.” In hierdie verband is dit duidelik dat ons moet erken dat die God van Israel, die God van Abraham, Isak en Jakob is, die enigste ware lewende God, die Skepper van hemel en aarde en die Vader van ons Here en Verlosser Yeshua die Messias is.
In Romeine 3 verduidelik die apostel Paulus dat God die enigste Ware Lewende God van beide die Jode en die heidene is. In Romeine 4 gaan Paulus voort met verwysing na die belofte van God en sê dat die vervulling van die belofte gebaseer is op vertroue in God. Net soos Abraham God vertrou het aangaande die beloofde land so vertrou ons as heidene ook God vir die vergifnis van sonde deur Sy Seun Yeshua die Messias. Albei hierdie beloftes is van die enigste ware lewende God (JHWH) en albei is gelyk in waarde soos Paulus verduidelik dat God se beloftes of gawes onherroeplik is.
Op grond van die bogenoemde, dan moet ek God se belofte oor die land Israel as ‘n ewige erfenis vir Jakob (Israel) en sy kinders eerbiedig net soos ek op God vertrou om Sy belofte op grond van Sy Woord oor Yeshua Sy Seun te vervul. Soos ons in eenstemmigheid kom met God se Woord aangaande Israel en Jerusalem, kan God se belofte vir ons ook manifesteer, want geloof is ’n vaste vertroue in God en Sy vermoë om Sy Woord tot stand te bring.
Tydens ‘n gebeds het ons Hemelse Vader geopenbaar dat Hy mense soek wat bereid is om Hom te vertrou, sodat Hy Homself magtig kan bewys.
As jy saamstem en soos ons geinspireer is om God te vertrou om Sy Woord aangaande Israel in vervulling te bring, nooi ons jou uit om ‘n e-pos te stuur na faith@prepare-the-way.co.za en so deel te neem aan die Jesaja 62 gebed inisiatief.Tydens ‘n gebeds het ons Hemelse Vader gese dat Hy mense soek wat bereid is om Hom te vertrou sodat Hy Homself magtig kan bewys.
As jy saamstem
en bereid is om God te vertrou om Sy Woord aangaande Israel tot vervulling te bring, nooi ons jou uit om ‘n e-pos te stuur na faith@prepare-the-way.co.za en so deel te neem aan die Jesaja 62 gebed inisiatief.
Begin deur hierdie Woord te proklameer oor Israel :
1.
“En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ‘n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem. En jy sal ‘n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ‘n koninklike tulband in die hand van jou God. ” Jesaja 62:2-3
2.
“o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes—moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde!” Jesaja 62:6-7
3.
“Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig. En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.” Jesaja 62:11-12
4.
“En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vas staan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.” Jesaja 2:2-3
5.
“Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendoms volk te wees uit al die volke wat op die aarde is.” Deuteronomium 14:2 TLV
6.
“Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.” Psalm 135:4
7.
“En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” Genesis 12:3 TLV
8.
“Want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en dié nasies sal seker verwoes word.” Jesaja 60:12
9.
“En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê die HERE jou God.” Amos 9:15
10.
“en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.” Esegiël 37:21-22
11.
“En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.” Genesis 35:12
12.
“En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.” Miga 4:2
13.
“Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word. En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van die HERE bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.” Jesaja 66:13-14
